|

AfriForum se Malmesbury-tak en SAPD verhoog sigbaarheid in Rondeberg

AfriForum se Rondeberg-buurtwag wat deel vorm van die burgerregteorganisasie se Malmesbury-tak het op 27 Januarie 2022 in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsrolspelers aan ’n uiters suksesvolle massapatrollie deelgeneem.

Die doel van dié patrollie was om sigbaarheid te verhoog, asook om samewerking tussen die drie SAPD-sektore (cluster), naamlik Melkbos, Atlantis en Philadelphia en die verskillende buurtwagte in die area te verbeter. Die patrollie is afgeskop deur ’n padblokkade op die hoek van die Klein Dassenberg- en Rondebergpad op te stel waarna die groep in twee verdeel het om ’n sigbaarheidspatrollie in die area te doen.

“Die patrollie was ’n groot sukses en dit is verblydend om die goeie opkoms en samewerking tussen die verskeie veiligheidsrolspelers en die SAPD te sien. Ons sal aanhou om met hierdie tipe aksies ons gemeenskappe veiliger en meer weerbaar te maak,” sê Alex Szlanina, AfriForum se veiligheidsvoorsitter van die Malmesbury-tak.

Om by een van AfriForum se veiligheidstrukture betrokke te raak SMS “veilig” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings