|

AfriForum se Malmesbury-tak maak monument skoon en plant tuin

Die AfriForum-tak in Malmesbury het op 10 September 2021 die Groot Trek-monument skoongemaak en ’n nuwe tuin by die monument geplant. Hierdie aksie vorm deel van die organisasie se jaarlikse monument-oudit.

Vrywilligers het eers die monument met ’n drukspuit skoongemaak waarna hulle ’n nuwe tuin met ’n verskeidenheid inheemse plante aangeplant het. Die burgemeester van die plaaslike Swartland Munisipaliteit, Tijmen van Essen, het die monument en tuin aan die einde van die aksie amptelik in ontvangs geneem.

“Dit is belangrik dat ons erfenis bewaar bly vir ons nageslagte. Dit kan slegs gebeur as ons eienaarskap neem en self ons erfenisterreine in standhou en ons gemeenskapslede bewus is van die monumente in hulle omgewing,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by soortgelyke projekte betrokke te raak: SMS “Malmesbury” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings