AfriForum se Marble Hall-tak reorganiseer

 
AfriForum se Marble Hall-tak het op Maandag 6 Mei 2019 ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens die tak se bestuur ook gereorganiseer is. Lede van die gemeenskap het ook hul insette oor die verteenwoordigende bestuurslede kom lewer.

Tydens hierdie vergadering is die volgende persone tot die bestuur verkies: JP Otto (voorsitter), Gideon Botha (ondervoorsitter), Jaco Hattingh (tesourier), Magdel Strauss (sekretaris), Mariana Shawe (omgewingsake), Matthew Brougham-Cook (voorsitter: jeug), Rossouw Lourens (ondervoorsitter: jeug), Bertus Strauss (veiligheid) en Jannie Beeslaar (voorsitter: buurtwag).
David Rule, AfriForum se assistentkoördineerder vir Soutpansberg, bedank die gemeenskap vir hul insette tydens die reorganisering, sowel as die nuwe bestuurslede vir hul bereidwilligheid.

“Dit is noodsaaklik vir die gemeenskap om tydens hierdie vergaderings hul insette te kom lewer, aangesien die bestuurslede die dorp se belange verteenwoordig. Die nuutverkose bestuur is positief ontvang en ek glo dat die tak oor bekwame leierskap beskik wat hulle uitstekend van hul taak sal kwyt.”

SMS “Marble Hall” na 45351 (R1) om by AfriForum aan te sluit.

Soortgelyke plasings