| | |

AfriForum se Marble Hall-tak skenk handreiniger en gesigmaskers aan gemeenskap

Die AfriForum-tak in Marble-Hall het op 21 April 2020 handreiniger en gesigmaskers ontvang om taklede en die gemeenskap teen die opdoen van COVID-19 te help beskerm. Die tak het 80 botteltjies handreiniger (30 liter) en 70 gesigmaskers ontvang en aan verskeie instansies geskenk.

Die volgende instansies het handreiniger en gesigmaskers ontvang: Loskop Alarms, Life 24 Ambulansdienste, AP Ras Boerdery, JFK Boerdery, Lezmin Sekuriteit en die plaaslike SAPD.

Dít volg nadat die burgerregteorganisasie die afgelope weke ’n nasionale projek van stapel gestuur het waartydens 15 000 bottels handreiniger aan verskeie polisiestasies, nooddienste en ouetehuise geskenk is. AfriForum het op 15 April 2020 ’n verdere 4 000 bottels handreiniger en 3 200 gesigsmaskers na sy 53 takke in die noordstreek versprei om gemeenskappe te ondersteun.

“AfriForum se Limpopo-takke bied deurlopend bystand aan hul gemeenskappe om te verseker dat gemeenskapslede die nodige hulp ontvang om die verspreiding van COVID-19 te help voorkom. Dit is wonderlik om te sien hoe verskillende organisasies in ’n krisistyd saam kan staan en saam teen die gemeenskaplike vyand – COVID-19 – veg,” sê Llewellynn Hemmens, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die noordstreek.

AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om die organisasie se Facebook-blad gereeld te besoek om die nuutste inligting oor die staat van inperking en COVID-19 te kry.

Raak vandag nog by jou naaste AfriForum-tak betrokke en wees deel van die verskil: SMS jou naam na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings