AfriForum se Marble Hall-tak sluit ooreenkoms met munisipaliteit

 

AfriForum se Marble Hall-tak het ’n ooreenkoms met die Ephraim Mogale Plaaslike Munisipaliteit gesluit dat inwoners se dispute oor foutiewe elektrisiteitsrekeninge teen 30 Junie 2017 opgelos sal wees.
Jaco Grobbelaar, AfriForum se streekskoördineerder vir Limpopo, sê dat die organisasie hoop om in die toekoms nouer saam met die munisipaliteit te werk om probleme in Marble Hall te takel.

“Die vergadering het baie gunstig verloop en ek is vol vertroue dat ons ook in die toekoms ’n goeie samewerkingsverhouding sal handhaaf. AfriForum dra die belange van sowel sy lede as die groter gemeenskap op die hart. Dit is belangrik dat inwoners se grondwetlike regte te alle tye beskerm word,” sluit Grobbelaar af.

Soortgelyke plasings