AfriForum se Margate-tak verskaf water aan gemeenskap


AfriForum se Margate-tak het die afgelope paar dae, tesame met die NG Kerk Margate, hul boorgatprojek gebruik om water aan die gemeenskap te voorsien. Dit volg nadat die Ugu Distriksmunisipaliteit weereens hul pligte versuim het deur die dorp vir meer as vyf dae sonder water te laat.

“Ons het in 2018 reeds besef dat die munisipaliteit al meer verval en dat ons daarom proaktief moes optree. Ons het die boorgatprojek saam met die NG Kerk in Margate van stapel gestuur, wat ten tye van watertekort kan intree. Ons is bly dat ons, te danke aan die boorgat, die gemeenskap in hierdie situasie kon bystaan,” sê Adolf Oosthuizen, voorsitter van AfriForum se Margate-tak.
“Ons sien daagliks dat kaping van noodsaaklike staatseiendomme en infrastruktuur toeneem – daarom is dit uiters belangrik om ons eie noodmaatreëls in plek te plaas. Ons nooi die gemeenskap uit om deel van oplossing te word en hierdie projek te ondersteun,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal.

Ondersteun AfriForum om sodoende jou gemeenskap te help: SMS “Margate” na 45267 (R1).

Soortgelyke plasings