|

AfriForum se Marico-buurtwagte hou massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte in die Marico-streek het op 8 April 2022 in samewerking met verskeie veiligheidstrukture ’n massapatrollie in hul onderskeie omgewings uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Die patrollie het omstreeks 17:30 begin en die laaste buurtwag het om 05:30 die volgende oggend afgestaan. Die volgende AfriForum-buurtwagte het aan die massapatrollie deelgeneem: Brits, Mooinooi, Hartbeespoort, Rustenburg, Koster, Coligny en Zeerust.

201 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en altesaam 4 014 km in 114 voertuie afgelê.

“Buurtwagte in die Marico-streek sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om misdaad in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hok te slaan, asook om veiligheid te bevorder. Ons is baie dankbaar vir al die opofferings wat ons patrolleerders by hierdie buurtwagte maak om hulle gemeenskappe se veiligheid te prioritiseer,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings