AfriForum se Matzikama-plaas- en -buurtwagte ontvang veiligheidsopleiding


AfriForum se agt plaas- en buurtwagte in die Matzikama-streek het op 12 Junie 2019 opleiding in huis-en-haardbeskerming, toneelhantering en radiospraakprosedures ontvang. David Olivier, AfriForum se provinsiale veiligheidskoördineerder vir die Wes-Kaap, het dié opleidingsessie gratis aangebied.

“Ons moedig gemeenskappe aan om proaktief te wees en by veiligheidstrukture soos AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke te raak,” sê Wilco Engelbrecht, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Matzikama-tak.

Volgens Olivier fokus AfriForum se gemeenskapsveiligheidafdeling sterk op opleiding. “Dit is vir ons belangrik dat gemeenskappe met die nodige kennis toegerus word om hulle in staat te stel om hul gemeenskappe met die hulp van AfriForum te beveilig,” sê Olivier.
Raak by AfriForum se Matzikama-tak betrokke: SMS “Matzikama” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings