AfriForum se Meyerspark-buurtwag help om dief vas te trek


AfriForum se Meyerspark-buurtwag het Sondagoggend met hul vinnige reaksie gehelp om ’n vermeende dief vas te trek.

’n Lid van die Meyerspark-buurtwag, wat in Roosstraat woon, het ’n Kode Rooi op die radio geroep nadat hy ’n betreder in sy erf opgemerk het. Die verdagte wou ’n fiets uit die erf steel, maar het op die vlug geslaan toe hy gewaar is. Die buurtwag het die verdagte tot in Astridstraat agtervolg en uiteindelik op ’n huis se dak vasgetrek. Die Silverton SAPD is ontbied en die verdagte is gearresteer.

“Ek bedank graag ons lede vir hul onbaatsugtige, vrywillige optrede en die buurtwag vir hul vinnige reaksie. Dis ook ’n voorbeeld van puik samewerking tussen die buurtwag en SAPD. Dit is egter kommerwekkend dat hierdie verdagte nou vir die tweede keer betrap en gearresteer word, en ek wag op terugvoer van die SAPD rakende die saak,” sê André Badenhorst, voorsitter van AfriForum se Meyerspark-tak.

Gemeenskapslede kan by AfriForum betrokke raak: SMS “Meyerspark” na 45341 (R1) of e-pos lambert.deklerk@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings