AfriForum se Meyerspark-buurtwag patrolleer Wapadrand-gebied


Die AfriForum-buurtwag in Meyerspark het op 1 Augustus 2018 tussen 20:00 en 22:30 die gebied rondom die Wapadrand-kragsubstasie gepatrolleer ten einde sigbaarheid te verhoog.

“Hoewel geen insidente aangemeld is nie, is dit belangrik dat ons buurtwag sigbaar in die gebied is, aangesien kabeldiefstal ’n groot probleem is,” sê André Badenhorst, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Meyerspark-tak.
“AfriForum wil graag elkeen van ons buurtwaglede bedank en ander gemeenskapslede aanmoedig om by hul naaste buurtwag aan te sluit. Kabeldiefstal is ’n reuseprobleem in die Tshwane-metro en gewone gemeenskapslede wat organiseer kan die munisipaliteit bystaan om dit te voorkom,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Noord.

Gemeenskapslede kan by AfriForum betrokke raak: SMS “Meyerspark” na 45341 (R1) of stuur ’n e-pos na lambert.deklerk@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings