AfriForum se Meyerspark-tak herstel heining by SAVF Huis Silversig


AfriForum se Meyerspark-tak het op 18 Augustus 2018 die elektriese heining van SAVF Huis Silversig (’n tehuis vir bejaardes) herstel. Die elektriese heining was heeltemal beskadig en het nie meer gewerk nie. Die tak het die heining oorgespan, gekoppel en geëlektrifiseer.

“AfriForum wil die gemeenskap bystaan wanneer hulle ons nodig het. Ons beoog om verskeie soortgelyke projekte in Pretoria aan te pak,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Noord.
“Ons wil graag diegene bedank wat met hierdie aksie gehelp het en moedig die gemeenskap aan om by dié tak betrokke te raak,” sê André Badenhorst, voorsitter van AfriForum se Meyerspark-tak.

AfriForum doen ’n beroep op die onderskeie gemeenskappe in die Tshwane Metropool om by plaaslike takke betrokke te raak en aktief aan aktiwiteite deel te neem. Stuur ’n e-pos na lambert@afriforum.co.za vir meer inligting hieroor.

Soortgelyke plasings