AfriForum se Meyerspark-tak verf straat


AfriForum se Meyerspark-tak het gedurende die naweek van 15 September die strepe geverf van Sholto Douglasstraat. Die tak het onlangs in dieselfde straat ook slaggate gevul.

“Ons word gereeld deur die gemeenskap genader om munisipale diensleweringskwessies behoorlik aan te spreek en daarom beplan die tak om voortdurend sulke aksies aan te pak sodat ons as gemeenskap ons eie omgewing kan verbeter,” sê André Badenhorst, voorsitter van AfriForum se Meyerspark-tak.

Raak vandag betrokke deur “Pretoria” te SMS na 45341 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings