|

AfriForum se Middelburg-tak ruim historiese begraafplaas op

Die AfriForum-tak in Middelburg het op 27 April die konsentrasiekampbegraafplaas in dié dorp opgeruim om dit mooi en netjies te maak.

Hierdie projek is geloods as deel van AfriForum se nasionale monumentoudit wat daarop gemik is om Suid-Afrika se monumente en erfenisgebiede te bewaar.

Hoewel hierdie begraafplaas se gras deur die Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit gesny word, is die grafte nie netjies skoongesny nie. Die taklede het die kindergrafte skoongemaak en al die rommel opgetel.

Gedurende die tweede fase van die projek sal die heining op plekke herstel word.

“Hierdie terrein is deel van ons erfenis en moet beskerm word,” sê Magiel Ebersohn van AfriForum se Middelburg-tak.

Soortgelyke plasings