|

AfriForum se Middelburg-tak skenk 300 kg groente aan tehuis

Die AfriForum-tak in Middelburg het op Vrydag 19 November sowat 300 kg vars groente aan die SAVF tehuis vir bejaardes geskenk. ’n Deel van hierdie skenking, sowat 80 kg, is uit die Bethal groentetuin geoes.

Dié skenking het bestaan uit 40 kg pampoene, 40 kg uie, 100 kg aartappels, 20 kg patats, 40 kg wortels, en 80 kg spinasie. Die spinasie kom uit AfriForum se groentetuin in Bethal waar daar in Oktober sowat 400 kg spinasie geoes is.

“Ons is dankbaar dat ons ’n verskil kan maak in ons gemeenskap,” sê Vic Boshoff, AfriForum se takvoorsitter in Middelburg. “Dit is ons plig om toe te sien dat daar gekyk word na die bejaardes en kinders in ons gemeenskap en met ’n skenking van vars groente sorg ons ook dat die inwoners van hierdie tehuis voedsame maaltye kan geniet.”

Soortgelyke plasings