AfriForum se Midvaal-tak dra by tot padveiligheid


Die AfriForum-tak in Midvaal het op 30 November stoptekens in samewerking met Midvaal Wyk 13 opgerig, asook die padstrepe in Howe Pan én Partyweg in Boltonwold nuut oorgeverf.

“Inisiatiewe soos hierdie skep ’n platform vir gemeenskappe om self verantwoordelikheid te neem om hul omgewing te verbeter. Dit verseker dat gemeenskappe nie langer gebuk hoef te gaan onder staatsverval nie en self eienaarskap kan neem van ’n beter toekoms,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Vaaldriehoek.

Wil jy by die Midvaal-tak betrokke raak? SMS “Midvaal” na 45342 (R1) en raak vandag nog deel van die oplossing.

Soortgelyke plasings