AfriForum se Moot-tak kry eie radionetwerk


Die AfriForum-tak in die Pretoriase Moot sal voortaan optimaal kan funksioneer nadat dié tak ’n herhaler vir sy radionetwerk ontvang het.

“Dit beteken dat die buurtwag nou sy kommunikasie- en veiligheidsnetwerk baie wyer kan uitbrei,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se streekskoördineerder vir Gauteng.

Gerhard Hildebrand, takvoorsitter, moedig die plaaslike gemeenskap aan om by die tak en buurtwag aan te sluit en sodoende te help om misdaad te beveg en die gemeenskap te beveilig.

Soortgelyke plasings