|

AfriForum se Moot-tak loods skoonmaakprojek

AfriForum se Moot-tak het op 15 Augustus 2020 ’n groot skoonmaakprojek in Beyerstraat, Haarhoffstraat, 16de Laan en 18de Laan in Rietfontein gehou.

Groot gedeeltes rondom die waterkanaal is skoongemaak en ontbos om die veiligheid in die omgewing te verbeter. Die gebied loop veral deur onder diefstal en die lang gras en bosse het wegkruipplek aan die boosdoeners gebied. ’n Groot gedeelte langs die kanaal gaan tydens die volgende geleentheid skoongemaak word.

“Baie dankie aan almal wat betrokke was tydens die projek. Wanneer gemeenskappe saamwerk kan ’n skoner en veiliger omgewing geskep word,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.

“AfriForum se strukture sal aanhou om te verseker dat ’n gesonde omgewing vir almal geskep word en sal hard werk om te verhoed dat dieselfde probleme weer herhaal word. Ons is dankbaar vir elkeen wat hul tyd opgeoffer het om aan hierdie projek deel te neem,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.

Raak vandag nog by AfriForum se Moot-tak betrokke en word deel van die oplossing: SMS “Moot” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings