|

AFRIFORUM SE MPUMALANGA-BUURTWAG VERHOOG SIGBAARHEID VIR KOMENDE FEESSEISOEN

AfriForum het op 1 November 2020 ’n nasionale projek van stapel gestuur om polisiëringsigbaarheid oor die komende feesseisoen te verhoog. Hierdie sigbaarheidsprojek sal tot 15 Januarie 2021 voortduur. Misdaad sal na verwagting oor die feesseisoen toeneem; daarom wil AfriForum se buurtwagte ’n verskil in hul onderskeie gemeenskappe maak en inwoners deur middel van hoë sigbaarheidsaksies gerusstel en beveilig.

“Sigbaarheid speel ’n deurslaggewende rol om misdaad te bekamp. AfriForum-buurtwagte sal dus klem lê op verhoogde sigbaarheidsaksies in hul onderskeie gebiede. Ons wil gemeenskapslede graag aanmoedig om aan hierdie sigbaarheidspatrollies deel te neem en om betrokke te raak om misdaad in hul omgewing hok te slaan,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga.

“Projekte soos dié bevorder samewerking tussen verskillende rolspelers. Gemeenskappe moet eienaarskap van hul eie veiligheid neem en die SAPD binne die raamwerk van die wet ondersteun om hul woonbuurte te beveilig,” sê Hillel Coetzer, veiligheidshoof: noordstreek  van AfriForum.

Raak by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS jou naam na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings