| |

AfriForum se Mpumalanga-buurtwagte neem aan nasionale massapatrollie deel  

Die AfriForum-buurtwagte in Mpumalanga het op 18 September aan die burgerregteorganisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem wat reg oor die land gehou is. Talle ander veiligheidstrukture het ook daaraan deelgeneem.

Die doel van die patrollie was om samewerking tussen verskillende gemeenskappe en veiligheidstrukture te bevorder om sodoende misdaadvoorkoming te bewerkstellig.

Nagenoeg 340 AfriForum-patrolleerders het saam met 359 patrolleerders van ander strukture aan die patrollie deelgeneem. Meer as 21 411 km is deur 395 voertuie tydens die patrollie afgelê.

Patrollies is in die volgende dorpe gehou: Argent, Delmas, Dullstroom, Ermelo, Leandra, Lydenburg, Machadodorp, Malelane, Middelburg, Nelspruit, Piet Retief, Secunda, Standerton en Witrivier.

“Ons is dankbaar om ’n verskil in gemeenskappe te maak deur inisiatiewe soos hierdie. Ons moet saamwerk in die stryd teen misdaad,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die noordstreek.

Sluit vandag nog by jou naaste AfriForum-buurtwag aan: SMS “Mpumalanga” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings