|

AfriForum se Mpumalanga-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel

AfriForum se buurtwagte in Argent, Delmas, Eloff, Leandra, Lydenburg, Machadodorp, Middelburg (buurt- en plaaswag), Nelspruit, Piet Retief, Secunda, Standerton en Witrivier het op 13 Maart 2020 in hul onderskeie gebiede aan die organisasie se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Die patrollie is in samewerking met die SAPD, plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s), gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies uitgevoer.

Die Standerton-buurtwag het groot sukses tydens die patrollie behaal deur twee gesteelde voertuie terug te vind.

Altesaam 324 patrolleerders (wat die sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies uitsluit) het 6 597 km met 202 voertuie afgelê. Die patrollie het van 16:00 tot 06:00 geduur waartydens hulp verleen is met dronkbestuurvoorvalle, diefstal, poging tot huisbraak en verskeie motorongelukke.

“Die Mpumalanga-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereelde patrollies organiseer om misdaad in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke en help om jóú dorp te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings