AfriForum se Mpumalanga-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel


AfriForum se buurtwagte in Mpumalanga het op 6 April aan ’n nasionale massapatrollie wat deur die burgerregte-organisasie geïnisieer is, deelgeneem.
Tydens die patrollie is soveel as moontlik patrolleerders gevra om sigbaar in hulle dorpe te patrolleer. Die doelwit was om sigbaarheid te verhoog, asook om samewerking tussen verskillende veiligheidstrukture te verbeter.
Die volgende dorpe se buurtwagte het deel van die patrollie gevorm: Bethal, Delmas, Machadodorp, Nelspruit, Secunda, Standerton, Witbank en Witrivier.
Tydens die massapatrollie is ’n totaal van 4 421 km deur 73 voertuie afgelê, terwyl altesaam 144 AfriForum-lede daaraan deelgeneem en gehelp het om verskeie insidente tydens die patrollie te hanteer. Daar is ook in samewerking met die SAPD aan teenmisdaadoperasies meegedoen.

“Die inisiatief gee aan gemeenskappe die geleentheid om saam die stryd teen misdaad aan te pak,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings