AfriForum se Naboomspruit-tak doen sy deel vir padveiligheid


Die AfriForum-tak in Naboomspruit het 2019 met ’n slaggatprojek afgeskop ten einde padveiligheid in dié dorp op te skerp. Sedert die projek se aanvangs is meer as 194 slaggate reeds opgevul.

“AfriForum se Naboomspruit-tak wil hoop in die gemeenskap skep met dié tipe aksies, wat ’n positiewe bydrae tot padveiligheid in ons dorp maak,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Soutpansberg.
Volgens Phillip van Staden, voorsitter van AfriForum se Naboomspruit-tak, beskou hulle die projek as ’n prioriteit. “Ons wil graag ons dorp in ’n veilige hawe vir inwoners omskep. Ons nooi die publiek uit om by hierdie aksie betrokke te raak, asook om toekomstige aksies saam met die tak aan te pak.”

Soortgelyke plasings