AfriForum se noodwaterpuntprojek

Suid-Afrika word as ’n waterskaars land geklassifiseer. Oplossings moet gevind word om die buitengewone uitdagings met betrekking tot die volhoubare bestuur van vars waterbronne die hoof te bied. Groeiende druk op bestaande drinkwater- en rioolinfrastruktuur dra by tot die land se dreigende drinkwaterkrisis, en boonop word die land se waterbronne nie opgegradeer nie, omdat daar nie groter en nuwe damme gebou word nie.

AfriForum stel gemeenskappe in staat om hulself teen swak staatsdienslewering te beskerm, veral in die voorsiening van water. Verskeie AfriForum-takke het reeds noodwaterpunte opgerig waar skoon drinkwater by privaat bronne beskikbaar gestel word en die burgerregteorganisasie sien toe dat munisipale boorgate in krisistye herstel word om watervoorsiening te verbeter. Dit is egter nie genoeg nie en AfriForum doen ’n beroep op gemeenskapslede wat ’n verskil wil maak, om hul fasiliteite beskikbaar te stel.

 

Enigiemand wat bereid is om noodwaterpunte by hulle huise/besighede ens. te laat oprig, word versoek om die onderstaande inligting te verskaf:

Oops! We could not locate your form.

AfriForum sal u binne die volgende twee weke kontak oor hoe om voort te gaan. Neem asseblief kennis dat almal nie dadelik gehelp kan word nie en dat die proses om waterpunte op te rig, tyd neem.

Soortgelyke plasings