AfriForum se Nylstroom-buurtwag voer klopjag saam met SAPD en GPF uit


AfriForum se Nylstroom-buurtwag het op Woensdag, 6 Junie in samewerking met die SAPD en die gemeenskappolisiëringsforum ’n klopjag in Nylstroom uitgevoer. Altesaam 83 voertuie is deursoek en twee onwettige immigrante gearresteer.
Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo, was dit ’n reusesukses.

“Dié klopjag is weereens ’n bewys dat samewerking tussen die polisie en die gemeenskap ’n daadwerklike verskil in gemeenskapsveiligheid kan maak. AfriForum wil graag op dié sukses voortbou en voortgaan om die verhouding tussen die buurtwag en SAPD te versterk.”

AfriForum moedig die inwoners van Nylstroom en omliggende gebiede aan om by die buurtwag aan te sluit deur die woord “Veiligheid” na 45340 te SMS (R1) of Marie Scheepers by 071 292 0093 te skakel.

Soortgelyke plasings