AfriForum se Ons Dorp-veldtog: Edenvale hou skoonmaakaksie


As deel van AfriForum se Ons Dorp-veldtog het dié organisasie se Edenvale-tak op 23 Junie 2018 ‘n massa-skoonmaakaksie in die middestad gehou.
Dít volg nadat die hoek van Fountainweg en Centrallaan in Eastleigh geleidelik as ‘n leinskaalse onwettige vullisterrein gebruik is en gevolglik ‘n oogseer vir die gemeenskap en besigheidseienaars geword het. AfriForum se lede het besluit om self in te spring om die omgewing skoon te maak.
Nagenoeg 30 swartsakke rommel is deur 20 lede van die gemeenskap opgetel en die randstene is ook nuut oorgeverf. Tydens die aksie het Solid Waste sowel ‘n stortbak as swartsakke geborg waarin die rommel verwyder kon word, terwyl die Riviera Restaurant koeldrank en kos aan die vrywilligers voorsien het.

“Só ‘n aksie dien as bewys dat gemeenskapstrukture self aan die werk moet spring vir ‘n skoner, veiliger en volhoubare toekoms. Die tak beplan om groot herwinningsdromme in die gebied te plaas en sodoende die gemeenskap te motiveer om die gebied skoon en netjies te hou,” se Linda McKenzie, ondervoorsitter van AfriForum se Edenvale-tak.
“Hoewel hierdie aksie nie as ‘n volhoubare oplossing vir die probleem dien nie, is dit steeds verblydend om te sien hoe verskeie strukture en gemeenskappe kan saamwerk om ‘n proaktiewe verskil in hulle omgewing te maak,” sluit McKenzie af.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Edenvale” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings