AfriForum se #OnsDorp-veldtog: Bloemhof-tak rig nuwe verkeerstekens op


Die AfriForum-tak in Bloemhof het vandeesweek 21 nuwe stop- en toegeetekens by verskeie kruisings in dié dorp opgerig. Sommige van die tekens was weg en verskeie ander nie meer sigbaar nie en moes vervang word. Die projek het die Bloemhof-tak na beraming R6 000 gekos en vorm deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog.

“Die plaaslike munisipaliteit bly in versuim om die nodige instandhoudingswerk aan Bloemhof se infrastruktuur te doen en daarom voel die inwoners genoop om hul dorp eiehandig op te knap. Dit is besonder gevaarlik as verkeerstekens weg of onsigbaar is en daarom het die Bloemhof-tak besluit om die tekens self te vervang. Die tak beplan ook aan toekomstige skoonmaak- en verfraaiingsprojekte,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Bloemhof” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings