AfriForum se #OnsDorp-veldtog: Helderbergkom-tak loods skoonmaakaksie


AfriForum se Helderbergkom-tak het op Saterdag 17 November 2018 ’n skoonmaakaksie as deel van dié burgerregte-organisasie se #OnsDorp-veldtog geloods. Die Helderbergkom-tak het, in samewerking met lede van die publiek en AfriForum se Stellenbosch-tak, die strandgebied agter Greenways in die rigting van Gordonsbaai skoongemaak.

“Die projek was ’n reusesukses en ons sien daarna uit om nog vele soortgelyke projekte aan te pak om probleme in die Helderbergkom-area op te los en sodoende ’n positiewe bydrae tot die gemeenskap te lewer,” sê adv. Johan Crouse, voorsitter van AfriForum se Helderbergkom-tak.

Besoek www.onsdorp.co.za om aan AfriForum ’n mandaat te gee om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak of om self betrokke te raak.
SMS “Skoon” na 45265 (R1) om by die Helderbergkom-tak se skoonmaakinisiatiewe betrokke te raak.

Soortgelyke plasings