AfriForum se #OnsDorp-veldtog: Kathu verf straatname


AfriForum se Kathu-tak het die afgelope naweek straatname in Onderwyserpark begin verf. Gemerkte straatname maak dit vir die buurtwag makliker om op voorvalle te reageer.

“Dit is verblydend om te sien dat gemeenskapslede self in hulle dorp vir kwessies soos hierdie verantwoordelikheid neem. Dit bly egter steeds die plaaslike munisipaliteit se verantwoordelikheid om hulle grondwetlike verpligtinge na te kom, en daarom sal AfriForum aanhou om druk op die munisipaliteit te plaas wat dié saak betref,” sê Gonda Louw, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

Besoek www.onsdorp.co.za om aan AfriForum ʼn mandaat te gee om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak of om self betrokke te raak.
SMS “Kathu” na 32532 (R1) om by jou naaste AfriForum-tak aan te sluit.

Soortgelyke plasings