AfriForum se #OnsDorp-veldtog: Margate-tak dra tot padveiligheid by


AfriForum se Margate-tak het onlangs ’n bydrae gelewer om padveiligheid op die dorp te bevorder deur verkeerstekens aan die Margate Besigheidsvereniging (MBA) en Ray Nkonyeni Plaaslike Munisipaliteit te skenk. Dié verkeerstekens is in Margate se sentrale sakekern aangebring.

“Ons is werklik bly oor die geleentheid om ons dorp se strate saam met die MBA en die munisipaliteit te beveilig,” sê Pat McCabe, die Margate-tak se verteenwoordiger in die portefeulje vir plaaslikeregeringsake.
“AfriForum se #OnsDorp-veldtog is daarop gemik om probleme op dorpe self op te los en padveiligheid maak ’n groot deel daarvan uit. Ons bedank graag die sakekamer en die munisipaliteit vir hul positiewe gesindheid om ’n bydrae tot ons dorp se voorkoms te maak,” voeg Adolf Oosthuizen, voorsitter van AfriForum se Margate-tak, by.

Besoek www.onsdorp.co.za om aan AfriForum ’n mandaat te gee om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak of om self betrokke te raak.
Ondersteun AfriForum om jou gemeenskap te help: SMS “Margate” na 45267 (R1).

Soortgelyke plasings