AfriForum se #OnsDorp-veldtog: Mooinooi-tak verf straatname


AfriForum se Mooinooi-tak het die eerste fase van hul straatnaamverfprojek op Saterdag 29 September 2018 afgeskop. Sowat ses sypaadjies naby die polisiestasie is geverf. Straatname op die dorp is al só verblyk dat dit veiligheidspatrollies bemoei.

“Die veiligheid en netheid van ons dorp lê ons baie na aan die hart en ons glo dat hierdie projek, asook die hele #OnsDorp-veldtog, daartoe sal bydra,” sê Annelien Crock, voorsitter van AfriForum se Mooinooi-tak.

Die takbestuur het onlangs ook die behoefte aan veldbrandbestryding in dié omgewing geïdentifiseer en Stihl-blasers vir die gemeenskap se gebruik aangekoop.

“Die gemeenskap kan ’n bydrae tot die verfprojek maak deur wit of swart Plascon Road Marking-verf aan die Mooinooi-tak te skenk,” sê Charné Blignaut, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Skakel gerus een van die volgende takbestuurslede vir enige navrae:
Annelien Crock: 071 360 8694
Francois Olivier: 082 558 6412
Andre Scherman: 082 562 7925
Hannes Kapp: 083 227 8565
Besoek www.onsdorp.co.za om aan AfriForum ’n mandaat te gee om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak of om self betrokke te raak.

Soortgelyke plasings