AfriForum se #OnsDorp-veldtog: Nelspruit-tak hou skoonmaakaksie


Die AfriForum-tak in Nelspruit het op 13 Oktober 2018 ’n skoonmaakaksie in samewerking met die Nelspruit Community Forum gehou as deel van die burgerregte-organisasie se #OnsDorp-veldtog. Die aksie het rondom die vleiland in Figtreestraat tussen die Hoërskool Bergvlam en die Lowveld High School plaasgevind.

Meer as 120 vullissakke is teen die einde van die dag verwyder. Herstelwerk is ook aan die voetpad aangebring aangesien dit ’n gevaar vir die gemeenskap ingehou het. Daar sal binnekort met die Mbombela Plaaslike Munisipaliteit geskakel word om kennisgewings op te rig wat die gemeenskap ontmoedig om rommel te strooi. Daar word ook oorweeg om vullisdromme in die area op te rig.

“Die #OnsDorp-veldtog sal op verskeie plekke in Nelspruit geloods word en ons is trots daarop om die gemeenskap te help om die dorp weer skoon en netjies te maak,” sê Devon McCullough, voorsitter van AfriForum se Nelspruit-tak.

Besoek www.onsdorp.co.za om aan AfriForum ’n mandaat te gee om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak of om self betrokke te raak.
Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Nelspruit” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings