AfriForum se #OnsDorp-veldtog: Phalaborwa-tak maak verskil in gemeenskap


AfriForum se Phalaborwa-tak het ’n kontrakteur aangestel wat reeds vir die afgelope vyf maande twee keer per week skoonmaak en vullis by die Bougainvilleapark-ouetehuis verwyder en dit ook voortaan sal bly doen.
Die projek vorm deel van die burgerregte-organisasie se #OnsDorp-veldtog wat daarop gemik is om probleme in dorpe aan te pak deur dit self reg te maak en, soos hierdie aksie by die ouetehuis, deur middel van ’n volhoubare projek ’n daadwerklike verskil in mense se lewens te maak.
Om by die inisiatief aan te sluit, SMS “Selfdoen” na 45340 (R1) en besoek www.onsdorp.co.za  om aan AfriForum ’n mandaat te gee om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak en ook self betrokke te raak.

Soortgelyke plasings