AfriForum se #OnsDorp-veldtog: Randfontein-tak snoei bome


AfriForum se Randfontein-tak het op 13 November 2018 bome gesnoei wat elektrisiteits­kabels versper het. Hierdie aksie vorm deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog, wat daarop gemik is om probleme op dorpe self op te los.

Volgens Matiam van Vuuren, voorsitter van AfriForum se Randfontein-tak, het die munisipaliteit nie die nodige werkende toerusting om die bome in toom te hou nie. “Kabels raak in die takke verstrengel en dit veroorsaak elektrisiteitsonderbrekings sodra die wind waai. Die munisipaliteit het ons twee ure grasie gegee om die elektrisiteitstoevoer te onderbreek sodat skade aan die gemeenskap se bevrore goedere vermy kon word.”

Die Randfontein-tak het toerusting aan die munisipaliteit se elektriese afdeling verskaf tydens hierdie aksie en sal mettertyd sorg dat al die bome gesnoei word om verdere elektrisiteitsonderbrekings te verhoed.
Besoek www.onsdorp.co.za om aan AfriForum ’n mandaat te gee om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak of om self betrokke te raak.
Raak vandag by AfriForum betrokke – selfdoen is beter as niks doen. SMS “Randfontein” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings