AfriForum se #OnsDorp-veldtog: Rustenburg-tak doen opknappingswerk


AfriForum se Rustenburg-tak het die afgelope naweek straatligte herstel en slaggate gevul, as deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog. Dié veldtog is daarop gemik om probleme op dorpe self op te los.

Die tak het straatligte in ’n groot deel van die Proteapark-uitbreiding herstel. Slaggate op die dorp is oor ’n afstand van sowat 2,5 km met ongeveer 1,5 ton teer gevul, wat na beraming R10 000 gekos het.

“Hierdie is die eerste fase van Rustenburg se opknappingsprojek. Ons het wel die gemeenskap se hulp met hierdie selfdoenprojekte nodig sodat ons ’n groter impak kan maak. Die gemeenskap kan gerus die Rustenburg-tak se Facebook-blad (AfriForum Rustenburg) oor die vordering van dié projek sowel as vir bekendmaking van datums vir toekomstige projekte op die dorp dophou.

AfriForum doen ’n beroep op die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit om sypaadjies en slote in die dorp te vul en afvoerdreine te herstel.

Soortgelyke plasings