AfriForum se #OnsDorp-veldtog: Upington-tak maak ’n veld skoon


Die AfriForum-tak in Upington het onlangs ’n gedeelte van die veld by die brug in Duikweg skoongemaak. Vullis is onwettig daar gestort. Die veld was ook só bebos dat misdadigers gereeld daar weggekruip het, wat ’n veiligheidsrisiko vir dié gebied ingehou het. Die vullis, wat onder meer heelwat weggooidoeke ingesluit het, het boonop ’n gesondheidsrisiko vir inwoners geword.

“Dit is verblydend om te sien dat gemeenskapslede self vir kwessies soos hierdie in hul dorp verantwoordelikheid neem. Dit bly egter steeds die plaaslike munisipaliteit se verantwoorde­likheid om hul grondwetlike verpligtinge na te kom, en daarom sal AfriForum aanhou om druk op die munisipaliteit te plaas wat dié saak betref,” sê Gonda Louw, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

AfriForum doen ’n beroep op die gemeenskap om by dié inisiatief betrokke te raak deur self vullis in hul omgewing op te ruim en nie rommel te strooi nie.
Besoek www.onsdorp.co.za om aan AfriForum ’n mandaat te gee om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak of om self betrokke te raak.
SMS “Upington” na 32532 (R1) om by jou naaste AfriForum-tak aan te sluit.

Soortgelyke plasings