AfriForum se #OnsDorp-veldtog: Vaalharts-tak maak Hartswater skoon


Die AfriForum-tak in Vaalharts het onlangs vullis in Hartswater opgetel en verwyder, aangesien rommel twee weke ná protesaksies op dié dorp steeds nie opgeruim is nie. Plastieksakke het die strate vol gewaai en die dorp slordig laat lyk.

Die jeugtak het die skoonmaakaksie voorgestel en daarna die hele Vaalharts-tak ingespan om te help.

“Die gemeenskap was werklik siek en sat vir die vullis en die onnetheid van die dorp. Ons is dankbaar teenoor lede van die gemeenskap en die munisipaliteit wat die volgende dag kom hand bysit het,” sê Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo.

AfriForum doen ’n beroep op die gemeenskap om by dié inisiatief betrokke te raak deur self vullis in hul omgewing op te ruim en nie rommel te strooi nie.
Besoek www.onsdorp.co.za om aan AfriForum ’n mandaat te gee om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak of om self betrokke te raak.
SMS “Vaalharts” na 32532 (R1) om by jou naaste AfriForum-tak aan te sluit.

Soortgelyke plasings