AfriForum se #OnsDorp-veldtog: Vanderbijlpark-buurtwag beveilig begraafplaas


Die AfriForum-buurtwag in Vanderbijlpark het met die aanvangs van dié burgerregte-organisasie se nasionale patrollie op 21 Oktober 2018 ’n patrollie by die plaaslike begraafplaas uitgevoer om veiligheid op te skerp. Die buurtwag het op talle besoekers se klagtes oor die begraafplaas se onveilige toestand gereageer.

AfriForum het reeds talle skoonmaakprojekte by Vanderbijlpark se begraafplaas as deel van die burgerregtewaghond se #OnsDorp-veldtog voltooi en gaan ook ’n verskerpte fokus op veiligheid met bykomende patrollies in die nabye toekoms bewerkstellig.

“Ons moedig die publiek aan om die Vanderbijlpark-tak in verband met die datums en tye van dié patrollies te kontak, sodat hulle die begraafplaas in daardie tydgleuwe kan besoek. Ons vertrou dat hierdie inisiatief goeie vrugte sal afwerp en ons is vasberade om misdaad in ons gemeenskap proaktief te stuit,” sê Hendrik Smal, die tak se veiligheidsvoorsitter.

Stuur ’n e-pos na afriforumvdb@gmail.com of stuur ’n SMS met die letters “Vdbp” na 45342 (R1) om by die tak aan te sluit.

Soortgelyke plasings