AfriForum se #OnsDorp-veldtog: Waterkloof-tak maak skoon om booswigte uit gebied te hou


Die AfriForum-tak in Waterkloof het as deel van dié organisasie se #OnsDorp-veldtog die afgelope naweek ’n gebied wat in ’n vervalle toestand was, skoongemaak.
Sowat 20 mense het saamgespan om die gebied tussen Solomon Mahlangurylaan en Clifflaan, oorkant Muskejaatstraat, skoon te maak. Voordat dié gebied opgeruim is, het grypdiewe dit gereeld as skuilplek gebruik of as ’n plek om van ongewenste items ontslae te raak.
Die gras is gesny, vullis is verwyder en bosse en bome wat onbeheersd gegroei het, is gesnoei. Uiteindelik is 24 groot sleepwavragte vol vullis en tuinvullis verwyder.

“Heelwat meer aksies word vir die Waterkloof-gebied beplan en ons beoog ook om in die nabye toekoms ’n volwaardige tak hier te stig,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir suidelike Pretoria.

De Klerk moedig mense aan om by AfriForum aan te sluit en hom te kontak as hulle by die Waterkloof-tak betrokke wil raak.
Besoek www.onsdorp.co.za en gee aan AfriForum ’n mandaat om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak.

Soortgelyke plasings