AfriForum se #OnsDorp-veldtog: Westonaria-tak plaas volgehoue druk toe


AfriForum se Westonaria-tak het deur volgehoue druk op die Rand West City Plaaslike Munisipaliteit uiteindelik op 22 Oktober 2018 sukses bereik toe dié munisipaliteit verskeie masjinerie aan hul werknemers beskikbaar gestel het om besoedelde woonbuurte en strate skoon te maak.

Dit was ’n uitgerekte proses; die munisipaliteit het byna twee jaar geneem om uiteindelik op hul versoeke te reageer. “Ná verskeie oproepe, klagtes en weeklikse besoeke aan die Rand West City Plaaslike Munisipaliteit oor die swak dienslewering in Westonaria, was volgehoue druk beslis die antwoord,” sê Esther Swart, voorsitter van die Westonaria-tak.

Besoek www.onsdorp.co.za om aan AfriForum ’n mandaat te gee om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak of om self betrokke te raak.
Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Westonaria” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings