AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte hou massapatrollie


AfriForum se buurtwagte in Alberton, Benoni, Brakpan, Edenvale, Germiston, Kempton Park, Springs en Endicott het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies op 8 Maart 2019 ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer ten einde polisiëringsigbaarheid op te skerp. Die aksie het omstreeks 16:00 begin en tot 06:00 die volgende oggend voortgeduur.

328 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem. ’n Totaal van 5 388 km is deur 174 voertuie in 716 manure afgelê. Bystand is gebied tydens ’n voorval van gesinsgeweld, drie arrestasies, ’n gewapende roof, twee skietvoorvalle, ’n huisbraak, bome wat uit hoofpaaie verwyder moes word en verskeie motorongelukke.

“Die Oos-Rand-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies misdaad hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die noordstreek.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke – jy kan help om jóú omgewing te beveilig. SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings