AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte hou massapatrollie


AfriForum se buurtwagte in Alberton, Benoni, Edenvale en Kempton Park het in samewerking met ADT, Mamba Sekuriteit, Top Sekuriteit, Fox Sekuriteit, Emer-G-Med en Kempton Park se gemeenskapsreaksie-eenheid (GRE) op 2 Desember 2017 ’n massapatrollie in hulle onderskeie gebiede gehou ten einde polisiëringsigbaarheid op te skerp. Die aksie het omstreeks 16:00 begin en tot 3:00 geduur.
’n Totaal van 94 patrolleerders, die sekuriteitsmaatskappye uitgesluit, het opgedaag om ’n verskil te maak, terwyl 4 056 km en 508 manure afgelê is. Bystand is by 21 ongelukstonele gebied en ’n arrestasie vir dronkbestuur is gemaak.

“Dit is duidelik dat samewerking met veiligheidsinstansies en ander betrokke partye vrugte afwerp. Proaktiewe optrede en die betrokkenheid van die gemeenskap het vir ’n suksesvolle patrollie gesorg,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir Gauteng.

Soortgelyke plasings