| |

AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte neem deel aan nasionale patrollie

AfriForum se buurtwagte in Kempton Park, Boksburg, Brakpan, Edenvale, Germiston, Benoni en Springs het op 13 Maart 2020 aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem. Die SAPD, plaaslike GPF’s en ander buurtwagte was ook by dié patrollie betrokke.

Altesaam 141 AfriForum-takke, waarvan 60 takke in die noordstreek val, het aan die nasionale patrollie deelgeneem.

AfriForum se buurtwagte in die Oos-Rand wil ’n verskil in hul onderskeie gemeenskappe maak deur inwoners met hoësigbaarheidsaksies gerus te stel en te beveilig. In die Oos-Rand was 166 AfriForum-lede en 66 ander deelnemers by die nasionale patrollie betrokke. Ongeveer 7 827 km is in 109 voertuie afgelê. Nagenoeg tien insidente is deur AfriForum hanteer en sluit beskadiging van straatligte, roof, gewapende roof, huisbraak en poging tot kabeldiefstal in.

“Sigbaarheid speel ’n deurslaggewende rol om misdaad te bekamp. AfriForum-buurtwagte sal daarom klem lê op verhoogde sigbaarheidsaksies in hul onderskeie gebiede. AfriForum se veiligheidspan wil graag die SAPD, asook die onderskeie GPF’s en sekuriteitsmaatskappye bedank wat AfriForum se Oos-Rand-takke tydens hierdie massapatrollie ondersteun het. Goeie samewerking is die sleutel tot sukses,” sê Butch Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Soortgelyke plasings