AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte ontvang opleiding in skarebeheer en radioprosedure


Lede van AfriForum se Alberton-, Brakpan-, Germiston- en Springs-buurtwagte het op 10 en 11 April 2019 opleiding in skarebeheer en radioprosedure ontvang. Dié opleiding het grootliks oor patrolleerders se mandaat tydens onluste met groot skares en die moets en moenies vir radiospraakprosedures gehandel.

Thomas van Dalen, AfriForum se nasionale opleidingsbestuurder, het die opleiding aan nagenoeg 55 buurtwaglede aangebied.
Volgens Van Dalen is professionele opleiding noodsaaklik vir enige veiligheidstruktuur.

“AfriForum se buurtwaglede moet te alle tye binne die raamwerk van die wet optree. Dit is verder belangrik dat buurtwaglede die korrekte opleiding ontvang – vir sowel hul eie as die gemeenskap se veiligheid.”
“Dit is bemoedigend om die betrokkenheid van gemeenskapslede te sien, asook hoe elkeen bereid is om die veiligheid van hul eie gemeenskap te prioritiseer,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die noordstreek.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings