| |

AfriForum se Oos-Rand-takke ontvang handreiniger en gesigmaskers

AfriForum se Groter Oos-Rand-takke het op 19 April 2020 handreiniger en gesigmaskers ontvang om hulle en die gemeenskap teen die opdoen van COVID-19 te help beskerm. Altesaam 48 vyf liter bottels handreiniger en 560 gesigmaskers is by verskeie takke afgelewer om in hulle gemeenskap te gaan versprei waar daar nood is. Van die Oos-Rand takke het reeds van die handreiniger en maskers by plaaslike ouetehuise afgelewer.

Dít volg nadat die burgerregteorganisasie die afgelope twee weke ’n nasionale projek van stapel gestuur het waartydens 15 000 bottels handreiniger aan verskeie polisiestasies, nooddienste en ouetehuise geskenk is. AfriForum het op 15 April 2020 ’n verdere 4 000 bottels handreiniger en 3 200 gesigmaskers na sy 53 takke in die noordstreek versprei om gemeenskappe te ondersteun.

“AfriForum se Oos-Rand-takke bied deurlopend bystand aan hul gemeenskappe om te verseker dat hulle die nodige hulp kan ontvang om die verspreiding van COVID-19 te help voorkom. Dit is juis nou die tyd wat almal moet hande vat om mekaar te ondersteun,“ sê Stephanus (Butch) Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om die organisasie se Facebook-blad gereeld te besoek om die nuutste inligting oor die staat van inperking en COVID-19 te kry.

Raak vandag nog by jou naaste AfriForum-tak betrokke en wees deel van die verskil: SMS jou naam na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings