AfriForum se Oudtshoorn-tak is #keelvol vir munisipale ongerymdhede

Ons as inwoners en belastingbetalers is #keelvol vir die politieke speletjies wat in die munisipale raadsaal van Oudtshoorn gespeel word! Ons moes weer toekyk hoe onwettige optrede, wat insluit die minagting van ’n hofbevel sowel as die minagting van Artikels 54A, Artikel 56 asook Artikel 60 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, willens en wetens plaasvind vir politieke gewin en vermoedelik vir plundering. Voeg jou stem by AfriForum se Oudtshoorn-tak en stuur ’n duidelike boodskap aan die Wes-Kaapse DA-regering. Ons kan die rampokkery nie meer duld nie en eis vinnige en doeltreffende optrede teen diegene wat verantwoordelik is.

ONS IS #KEELVOL!

Soortgelyke plasings