AfriForum se Oudtshoorn-tak maan munisipale bestuurder aan om onwettige riooltariewe reg te stel


Die AfriForum-tak in Oudtshoorn het op 13 Junie ’n aanmaning op die munisipale bestuurder van die Oudtshoorn Plaaslike Munisipaliteit beteken.
Dít volg nadat die munisipaliteit riooltariewe ingestel het wat volgens die aantal spoeltoilette op ’n perseel bereken word. Hierdie berekening is egter in stryd met artikel 74(2)(b) van die Munisipale Stelselswet, 2000 (wetno. 32 van 2000) wat bepaal dat die bedrag wat individuele verbruikers van munisipale dienste moet betaal aan die hand van die gebruik van diesulke dienste bepaal moet word. Die aantal toilette wat ’n huishouding het, hou dus geen verband met die hoeveelheid riool wat op die perseel gegenereer word nie. Aangesien die werking van spoeltoilette afhanklik is van water wat die munisipaliteit verskaf en dus bepaal kan word aan die hand van meterlesings, kan die volume riool wat gegenereer word aan die hand van die waterverbruik bepaal word. In praktyk word die rioolgenerering gewoonlik volgens klimatologiese omgewingsfaktore op tussen 60% en 70% van die drinkwaterverbruik bepaal.
AfriForum het die munisipale bestuurder ook gemaan om binne 14 dae ná datum van die skrywe aan te dui welke stappe in plek gestel gaan word om te verseker dat die munisipale raad die riooltariefberekening regstel, asook die rekeninge wat foutiewelik op die aantal toilette gebaseer is.
Indien die munisipaliteit in gebreke bly om aan AfriForum se versoek gehoor te gee, sal die organisasie remediërende stappe, wat moontlike regsaksie insluit, oorweeg.
Raak by die aktiwiteite van AfriForum se Ou

Soortgelyke plasings