|

AfriForum se Overstrand-tak bedank geliefde skoolhoof

AfriForum se Overstrand-tak het op 17 Junie 2020 ’n boekoorhandiging gehou waartydens ’n afskeidsgeskenk aan Hoërskool Hermanus se skoolhoof, Greg Hassenkamp, gegee is. Hy verlaat die skool nadat hy ’n pos by Pretoria Boys High School aanvaar het.

“Mnr. Hassenkamp het ’n besondere rol in die gemeenskap gespeel en was altyd bereid om saam met AfriForum te werk. Ons wou met dié afskeidsgeskenk ons dank uitspreek vir wat mnr. Hassenkamp in die gemeenskap gedoen het en hom alle sterkte toewens vir die nuwe seisoen wat hy en sy gesin nou betree,” sê Cuan Elgin, voorsitter van AfriForum se Overstrand-tak.

“Die jeug is uit die aard van die saak vir AfriForum belangrik en daarom is dit ’n jammerte dat die gemeenskap afskeid moet neem van ’n uitstekende hoof. Die Overstrand-tak is baie dankbaar vir wat mnr. Hassenkamp vir die jeug en die skool gedoen het,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Raak vandag nog by AfriForum se Overstrand-tak betrokke – jy kan help om ’n verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Overstrand” na 45265 (R1).

Soortgelyke plasings