AfriForum se Overstrand-tak oorhandig toerusting aan pasgestigte Voëlklip-buurtwag

 

AfriForum se pasgestigte Voëlklip-buurtwag is nou volledig toegerus om die gemeenskap te help beveilig nadat hulle nuwe toerusting waaronder tweerigtingradio’s en noodhulpvoorraad ontvang het.
Die geleentheid is ook deur kol. Luthando Nosilela, stasiebevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Hermanus, en Mervyn Milner, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in dié dorp, bygewoon.

“Dié buurtwag het ten doel om misdaad in samewerking met ander veiligheidsinstansies soos die SAPD en GPF te bekamp. Die Voëlklip-buurtwag en AfriForum se Overstrand-tak neem dié verantwoordelikheid wat hulle teenoor die gemeenskap het baie ernstig op. Buurtwagte moet verder verstaan dat hulle die oë en ore van die polisie is, en te alle tye binne die raamwerk van die wet moet optree,” sê Elmarie van Dalen, voorsitter van AfriForum se Overstrand-tak.

Soortgelyke plasings