AfriForum se Overstrand-tak plant boom as deel van Pebbles-projek


Die AfriForum-tak in Overstrand het op 12 Oktober 2017 tien bome as deel van die Pebbles-projek in die Hemel-en-aarde-vallei geplant.
Volgens Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap, is dié aksie deel van dié organisasie se ideaal om ’n volhoubare toekoms vir opkomende geslagte te verseker.
Die tak het besluit om assegaaibome te plant omdat dié boom vinnig groei en ideaal is vir ’n skoolomgewing omdat dit diep skadu skep. Die boom is inheems, het min water nodig en aard baie goed in die Wes-Kaap. Elmarie van Dalen, AfriForum se Overstrand-takvoorsitter, het op haar beurt leerders oor die belangrikheid van bome en natuurbewaring ingelig.
Raak by soortgelyke projekte betrokke: SMS “Overstrand” na 45265 (R1).

Soortgelyke plasings