AfriForum se Parys-tak skenk hondekos aan plaaslike DBV


AfriForum se Parys-tak het 250 kg se hondekos aan die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Parys geskenk. Dit volg nadat die DBV die gemeenskap vir skenkings gevra het omdat daar ’n nypende tekort aan kos en befondsing is om vir die diere te sorg.

“Die DBV verrig ’n belangrike taak in ons gemeenskap en daarom het die tak besluit om hierdie skenking – wat hopelik ’n bietjie verligting sal bring – te maak,” sê Fanie Kruger, lid van AfriForum se Parys-takbestuur.

Omdat die DBV ’n organisasie sonder winsoogmerk is, maak hulle baie op die gemeenskap se hulp staat en daarom het AfriForum se Parys-tak hierdie hondekos geskenk. Die tak doen ook ’n beroep op die gemeenskap om die DBV te help.
Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Parys” na 45266 (R1).
 

Soortgelyke plasings